Akkommodasie in Kroonstad

 

Akkommodasie in Kroonstad

 

Akkommodasie in Kroonstad

Netjiese skoon geriewe teen billike pryse

jukskeiparkkrd.co.za

Jukskeipark oord is geleë langs die Valsch rivier  wat deur die dorp Kroonstad vloei.  Kroonstad is ongeveer 230 kilometer Suid van Johannesburg/Pretoria en 209 kilometer Noord van Bloemfontein en is langs die N1 geleë.

Sedert 1953 word die SA Jukskei Kampioenskap jaarliks te Jukskeipark, Kroonstad aangebied. Jukskeipark het bekendheid verwerf vir groeps- en familie byeenkomste vanweë sy uiters lae tariewe en sentrale ligging.  Jukskeipark, wat ‘n private maatskappy is, het  skoon en netjiese chalets  en die konferensiesaal, restaurant en kroeg op versoek beskikbaar, swembad beskikbaar vir oord gangers.  Kampeerplekke met krag is ook beskikbaar.  Troeteldiere word toegelaat indien aan ‘n leiband.

Kompeterende pryse maak van Jukskeipark ‘n gewilde oornag/naweek verblyfplek.

Jukskeipark bied verblyf in Kroonstad.

Posted on 2019-08-04 19:51:06 by BDM Datafeeds

Reference: 525

 


 

056 215 1505

admin@jukskeiparkkrd.co.za

 

Category: Accommodation